BLY VOLHARD.
(Risa)

LEES: Heb. 12:1-2: "...laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlÍ, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof..."

Menige Suid-Afrikaanse man (en soms vrou!) is versot op rugby. Ek kan nie dieselfde sÍ nie. Maar gee my 'n internasionale fietsresies soos die Tour de France en ek sit vasgenael voor die TV. Verlede maand was ons so gelukkig dat die ouens by Supersport die Paris-Nice fietstoer direk uitgesaai het, en natuurlik was ek getrou elke middag op my pos om die fietsryers te ondersteun. Die eerste paar skofte van so 'n fietstoer is gewoonlik plat en vinnig. Dan volg die skofte waar hulle berge ry - en dis nie ou klein bergies soos die hier by ons nie, dis hoŽ goed! Die skof is dan meestal ook stadiger en van die manne sukkel soms om bo uit te kom, veral as hulle so drie of vier berge na mekaar moet uitry. Dit het my weer opgeval dat hierdie mense nie maklik moed opgee nie. Jy kan aan hulle gesigte sien hulle kry swaar en hulle sukkel, maar hulle hou aan en druk deur. En mŰre doen hulle weer presies dieselfde. Praat van uithouvermoŽ!

God praat ook met ons oor uithouvermoŽ in Sy Woord, Hy noem dit net volharding. In die HebreŽr-brief van Paulus moedig God ons aan om nie moed op te gee nie. Hy moedig ons aan om, ongeag omstandighede, ons oŽ op Jesus gevestig te hou en te volhard. Ons moet Sy Woord bly lees en dit bly glo. Ons moet aanhou om tot Hom te bid en ons moet aanhou om diť dinge wat Hy vir ons sÍ om te doen, getrou uit te voer. Om te volhard met God is al wat 'n verskil gaan maak in ons lewens.

GEBED: Hemel Vader, ek kies vandag om met U te volhard. Ek vestig my oŽ op Jesus en ek hardloop my wedloop saam met U tot die einde toe.





Terug